Internasionale Vriendskapdag vandag herdenk

Vandag is Internasionale Vriendskapdag waarop die hegte band tussen twee of meer mense van enige ras, kleur of afkoms erken en gevier word. Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het die dag in 2011 afgekondig. Die VN sê dis ‘n dag wat entoesiasme aanwakker vir ‘n beter wêreld waar almal saamwerk ter wille van die groter geheel. Die organisasie voeg by vriendskapsbande lei tot kameraderie, wat bydra tot die wêreldwye stabiliteit wat so dringend nodig is.