Toordokter blameer vir roof van N$1,1m

Amalia Akwaake, een van twee beskuldigdes wat aangekla word vir die diefstal van 1,1 miljoen Namibiese dollar van Standard Bank op Arandis sê ‘n toordokter is verantwoordelik vir die misdaad. Sy is twee weke na die arrestasie van die bank se bestuurder Engelborg Strauss in hegtenis geneem. Die saak het in Mei groot opslae gemaak omdat Strauss na bewering 800 000 dollar in kontant uit die bank se kluis gevat het en vir iemand in ‘n motor buite die bank gegee. Strauss het ook ‘n verdere 306 000 dollar in ‘n bankrekening in betaal wat Akwaake onttrek het. Getuienis in die saak raak al hoe meer deurmekaar met Strauss wat aan owerhede gesê het dat sy of deurgeloop het onder bedrieërs of sy is afgepers dat haar man vermoor sou word indien sy nie die geld oorhandig nie.