Omkoper vas vir korrupsie, wat van die een wat geld ontvang het?

Die stryd teen korrupsie in Namibië word heftiger en die rol van hokaairoepers is belangrik. ‘n Swapo plaaslike raadslid van die munisipaliteit van Otjiwarongo, Hilde Noreses, is deur landdros Marilize du Plessis skuldig aan korrupsie bevind en gevonnis tot ‘n boete van 50 000 Namibiese dollar of twee jaar gevangenisstraf. Noreses is in 2018 gearresteer nadat sy gepoog het om geld by ‘n belastingbetaler te kry om sy uitstaande belasting af te skryf. Kosmos 94.1 Nuus het aan die woordvoerder van die Teenkorrupsie-kommisie van Namibië, Josephine Nghituwamata, gevra wat word van die persoon wat omkoopgeld ontvang het? Sy verduidelik.