Onsluste: SA Kerkeraad bou ‘n brug

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het die dood van 20 mense in die onlangse geweldadige protesoptrede in Phoenix in KwaZulu-Natal ten sterkste veroordeel. Die sekretaris-generaal, biskop Malusi Mpumlwana, was deel van ‘n twee-dag provinsiale pastorale besoek wat ook by die Zuma-familie in Nkandla aangedoen het. Die organisasie het saam met die familie gebid te midde van die plofbare situasie. Hulle het ook met die gemeenskap van Phoenix en Hindoe-godsdienstige leiers vergader. Die twee godsdienstige organisasies het planne aangekondig om geregtigheid te verseker en die gemeenskap te herbou.