Adjunkminister van onderwys sterf

Die adjunkminister van hoër onderwys Veno Kauaria is oorlede. Sy is in die jongste skommeling in April in die pos aangestel. President Hage Geingob het op sy Twitter-blad gesê dat Kauaria die land vir 30 jaar in onderwys en opvoeding gedien het en dat haar afsterwe ‘n groot leemte in onderwys in die land laat. Die oorsaak van haar dood is nie bekend nie.