Sluiting van taxi-roete in die Kaap ‘n dapper besluit

Die besluit van die LUR van Vervoer in die Wes-Kaap, Daylin Mitchell, om die minibus-taxiroete tussen Bellville en Mbekweni te sluit was ‘n dapper stap, maar het gelei tot vyf opeenvolgende dae sonder geweld in Kaapstad. Dit is die gevolgtrekking deur ‘n DA-lid in die wetgewer, Ricardo MacKenzie, na ‘n dringende sitting van die Staande Komitee van Vervoer en Openbare Werke, waartydens die onlangse ontwrigting in die taxi-bedryf dringend bespreek is. MacKenzie sê ander taxi-verenigings kon werksaamhede voortsit in gebiede waar dit toegelaat is: