SA-kieswet moet voor 2024 aangepas word – Maimane

Die leier van die One South Africa Movement, Mmusi Maimane, sê Suid-Afrika se verkiesingstelsel moet voor die volgende algemene verkiesing verander. Die Konstitisionele Hof het verlede jaar beslis dat dele van die Verkiesingswet ongrondwetlik is, veral die dele wat individue verhoed om aan provinsiale en nasionale verkiesings deel te neem. Die parlement het opdrag gekry om die kieswette te verander. Maimane sê dié nuwe rigting is die oplossing om te verhoed dat party politieke oorheersing die mag uit die hande van gemeenskappe neem: