Onstabiliteit in SAPS wek kommer

Die Suid-Afrikaanse parlementêre portefeulje-komitee oor die polisie, sê die algemene onstabiliteit in die Suid-Afrikaanse Polisiediens as gevolg van uiteenlopende redes, is onrusbarend. Die buurland se minister van polisie, Bheki Cele, het die komitee verseker dat ten spyte daarvan dat hy en die nasionale kommissaris, Khehla Sitole, nie vriende is nie, hulle goed saamwerk en nie by binnegevegte betrokke raak nie. Die voorsitter van die komitee, Tina Joemat-Petterson sê dis noodsaaklik vir die polisiediens om voort te gaan om enige kriminele elemente in sy geledere uit te roei: