WGO: Winter bring groter risko vir virus

Tydens die Wêreldgesondheidsorganisasie se mediakonferensie het die Direkteur-Generaal, Tedros Ghebreyesus, aangedui dat mense in die winter nader aan mekaar beweeg omdat dit koud is. Hy sê dit dra die risiko dat die virus vinniger kan versprei. Met die winter wat aan die deur klop vir Namibië, word mense gemaan om versigtig te wees.

Read More

SA het genoeg entstowwe

Met Suid Afrika se tweede fase van sy nasionale inentings-program wat vandag oor ‘n week afskop, sê ‘n plaaslike sake-belange groep dat dit vol vertroue is dat die regering genoeg entstowwe aangeskaf het om sy landwye inentingsveldtog suksesvol te kan implementeer. Business for South Africa sê ondanks die vroeë terugslae wat tydens die aanvangsfase van […]

Read More

Cyril: Ace moet verskoning vra

Geskorste ANC Sekretaris-Generaal Ace Magashule is beveel om in die openbaar verskoning te vra vir die sogenaamde brief waarin hy vir President Cyril Ramaphosa skors. Rampahosa sê Magashule het geen mag of mandaat om hom te skors nie. Hy sê indien Magashule nie in ‘n sekere tyd onvoorwaardelik verskoning vra nie, die ANC dissiplinêre prosedures […]

Read More

Boulter hoor môre oor borg

Die Britse sakeman en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, gaan môre in die Outjo-landdroshof hoor of hy op borgtog vrygelaat gaan word. Landdros Immanuel Udjombala sal môre uitspraak in sy borgtogverhoor lewer. Die staat staan borgtog hewig teen en meen hy is ‘n vlugrisiko. Boulter, wat op ‘n moordklag op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk tereg staan, […]

Read More

Alan Winde moedig bejaardes aan om in te ent

Die Wes-Kaapse Premier Alan Winde, sê hy is ietwat bekommerd dat daar tans slegs ‘n derde van die provinsie se bejaardes vir hul Covid-inenting geregistreer het. Winde sal die week verskeie dele van die Kaapse Wynland-distrik besoek om bejaardes ouer as 60 wat vir die volgende fase van die land se inetningsveldtog kwalifiseer, aan te […]

Read More

Katbevolking ontplof

Die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek sê hul inname van katte het ontplof. Volgens Sylvia Breitenstein het die DBV gewoonlik 50 katte per maand ingekry, maar nou ontvang hulle meer as 200 katte per maand. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus vertel dat kat-eienaars onverwantwoordelik is deur nie hulle katte te steriliseer nie en dit ‘n bevolkingsonploffing […]

Read More

Mianmar-leier moet in persoon in hof verskyn

‘n Regter het in Mianmar gelas dat Aung San Suu Kyi, die land se afgesette leier, op 24 Mei in persoon in die hof moet verskyn, berig internasionale media. Sy is nog nie weer in die openbaar gesien sedert sy op 1 Februarie in hegtenis geneem is nie.

Read More

Nóg tugstappe teen Ace

Nóg interne tugstappe kan volg teen Ace Magashule as die Suid-Afrikaanse Minister van Justisie, Ronald Lamola, sy sin kry, lui berigte in die buurland. Magashule weier steeds om sy skorsing te aanvaar, al is hy die naweek by die NUK-vergadering weggewys.

Read More

Namibiese Paralimpiese span moet oefenkamp bywoon

Span Namibië wil hul kanse verbeter om medaljes by die 2021 Paralimpiese Spele in Japan te wen. Die Namibië Paralimpiese Komitee se Sekretaris-Generaal, Michael Hamukwaya, sê die atlete sal vroeër ‘n oefenkamp moet bywoon. Hamukwaya, wat ook ‘n afrigter is, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê, hoe vinniger atlete aan ‘n oefenkamp deelneem, hoe beter, […]

Read More

Smokkelgoedere in Wes-Kaap gekonfiskeer

Groter samewerking tussen beamptes van die Wes-Kaapse regering se wetstoepassings-bevorderingsplan en die polisie het daartoe gelei dat beslag gelê is op smokkelgoedere en meer as 3 800 mense is deursoek. ‘n Woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Wade Seale, sê die LUR vind dit verblydend dat die band tussen die polisie en beamptes versterk word. […]

Read More