SA het genoeg entstowwe

Met Suid Afrika se tweede fase van sy nasionale inentings-program wat vandag oor ‘n week afskop, sê ‘n plaaslike sake-belange groep dat dit vol vertroue is dat die regering genoeg entstowwe aangeskaf het om sy landwye inentingsveldtog suksesvol te kan implementeer. Business for South Africa sê ondanks die vroeë terugslae wat tydens die aanvangsfase van die inentingsprogram ervaar is, kan die land selfs die vordering wat in ander lande gesien is, verby steek. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, gesels met Stavros Nicolau.