Katbevolking ontplof

Die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek sê hul inname van katte het ontplof. Volgens Sylvia Breitenstein het die DBV gewoonlik 50 katte per maand ingekry, maar nou ontvang hulle meer as 200 katte per maand. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus vertel dat kat-eienaars onverwantwoordelik is deur nie hulle katte te steriliseer nie en dit ‘n bevolkingsonploffing veroorsaak.