Cyril: Ace moet verskoning vra

Geskorste ANC Sekretaris-Generaal Ace Magashule is beveel om in die openbaar verskoning te vra vir die sogenaamde brief waarin hy vir President Cyril Ramaphosa skors. Rampahosa sê Magashule het geen mag of mandaat om hom te skors nie. Hy sê indien Magashule nie in ‘n sekere tyd onvoorwaardelik verskoning vra nie, die ANC dissiplinêre prosedures volgens die party se grondwet teen hom sal instel. Ramaphosa is aan die woord.