Boulter hoor môre oor borg

Die Britse sakeman en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, gaan môre in die Outjo-landdroshof hoor of hy op borgtog vrygelaat gaan word. Landdros Immanuel Udjombala sal môre uitspraak in sy borgtogverhoor lewer. Die staat staan borgtog hewig teen en meen hy is ‘n vlugrisiko. Boulter, wat op ‘n moordklag op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk tereg staan, staar bykomende klagte in die gesig. Hy word ook van regsverydeling en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie aangekla. Boulter is tans onder polisiebewaking in die Outjo-hospitaal. Buiten sy handwond, het Boulter se sielkundige getuig hy ly aan posttraumatiese stres.