Regerings moet nie kommersiële belange hê nie

Reaksie word ontvang op kommentaar dat Namibië in alles verval. Die algemene mening is dat die land sy nasionale redery verloor het, die SME Bank is bankrot geplunder, werknemers by die nasionale uitsaaier staak en internasionale sokkerwedstryde kan nie meer plaaslik gespeek word. Maar, Dr Charles Sinkala, ‘n Zambiese Politieke Ontleder en kenner in die […]

Read More

Vermy massas mense – so maklik soos dit

Die Hoof van die Afrika Sentrum vir Siektebeheer en –voorkoming, Dr John Nkengasong, het vanoggend met media op die vasteland gepraat. Sy boodskap vir die beheer van Covid is om byeenkomste te vermy. Hy sê Afrika se gesondheidstelsels is swakker as die in Indië en die vasteland het net soveel mense soos Indië…

Read More

Kevin is tevrede, vertoon baie goed

Kevin Anderson van Suid-Afrika sê hy is tevrede dat sy spel besig is om te verbeter. Hy speel môre teen die Kroaat Marin Cilic in die kwarteindronde van die Estoril Ope in Portugal ná sy oorwinning oor die Spanjaard Roberto Carballes Baena. Dit sal Anderson se eerste kwarteindwedstryd in sowat ses maande op die ATP-toer […]

Read More

Pfizer soek goedkeuring vir inenting van kinders

Die farmaseutiese reus Pfizer sê hy verwag dat sy Covid-19 entstof teen Junie vanjaar beskikbaar sal wees vir gebruik op kinders tussen die ouderdomme van 12 en 15. Die maatskappy is besig met sy voorlegging aan Europese owerhede in die verband. Die inenting van kinders word as krities beskou om kudde-immuniteit te verseker. ‘n Proef […]

Read More

Biden sê nuwe polisiewet moet aanvaar word

Amerika se President Joe Biden, het ‘n dringende beroep op die Senaat gedoen om hervorming in die polisie teweeg te bring en die gewysigde Polisiewet met die George Floyd-geregtigheid daarby ingesluit teen volgende maand te aanvaar. Biden het sy eerste rede in ‘n gesamentlike sitting van die Kongres gelewer. Die voormalige polisieman van Minneapolis, Derek […]

Read More

Psemas-verkryging in die soeklig

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sal verkryging by die openbare mediese fonds Psemas evalueer. Die fonds het onlangs gebuk gegaan onder talle aantygings van korrupsie en wanbestuur. Frederico Links van die instituut, wat volgende week die hersiening aanbied, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Johannesburg gee skuldverligting

Die Stad Johannesburg het aangekondig dat dit ‘n verbeterde skuldverligtingsprogram goedgekeur het. Dit sluit in bykomende skuldverligtings-maatreëls vir eiendomsbesitters wie se munisipale rekeninge weens die Covid-19-pandemie agterstallig geraak het. Die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Jolidee Matongo, sê dié program sal sorg dat kwalifiserende belastingbetalers ‘n skuldafskrywing van 50-persent ontvang. Die program tree op 1 Mei in […]

Read More

Busch sê taboe kwessies moet bespreek word

Die Uitvoerende Voorsitter van die Nasionale Jeugraad Sharonice Busch sê die stryd teen geslagsgeweld kan nie langer ‘n onderhandeling wees nie. In haar mening is gesprekke, veral moeilike gesprekke en gesprekke wat verband hou met kwessies wat as taboe beskou word, dringend nodig. Sy sê die jeug moet die gesprekke dryf en hulle moet op […]

Read More

Goedkoper avo’s in die vooruitsig?

Suid-Afrika berei hom voor vir ‘n toename in avokado-uitvoere. Dié seisoen sal 66 ton avokado’s uitgevoer word, vergeleke met verlede seisoen se 60 ton. Die inligting is bekend gemaak tydens ‘n aanlyn seminaar deur die Uitvoerende Hoof van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Subtropiese Produsente, Derek Donkin. Volgens Donkin word tussen 45 en 50 persent van […]

Read More

Skedule vir inenting sal uitgebrei word op aanvraag

Op die oomblik is daar geen inentingsdienste oor naweke nie. Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe sê die aanvraag is nie op die oomblik daar om die diens oor naweke aan te bied nie.

Read More