WGO: Winter bring groter risko vir virus

Tydens die Wêreldgesondheidsorganisasie se mediakonferensie het die Direkteur-Generaal, Tedros Ghebreyesus, aangedui dat mense in die winter nader aan mekaar beweeg omdat dit koud is. Hy sê dit dra die risiko dat die virus vinniger kan versprei. Met die winter wat aan die deur klop vir Namibië, word mense gemaan om versigtig te wees.