Smokkelgoedere in Wes-Kaap gekonfiskeer

Groter samewerking tussen beamptes van die Wes-Kaapse regering se wetstoepassings-bevorderingsplan en die polisie het daartoe gelei dat beslag gelê is op smokkelgoedere en meer as 3 800 mense is deursoek. ‘n Woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Wade Seale, sê die LUR vind dit verblydend dat die band tussen die polisie en beamptes versterk word. Hy sê meer as 30 mense is in hegtenis geneem weens die besit van dwelms en 18 vir die besit van verskeie wapens. Wade Seal is aan die woord.