Namibiese Paralimpiese span moet oefenkamp bywoon

Span Namibië wil hul kanse verbeter om medaljes by die 2021 Paralimpiese Spele in Japan te wen. Die Namibië Paralimpiese Komitee se Sekretaris-Generaal, Michael Hamukwaya, sê die atlete sal vroeër ‘n oefenkamp moet bywoon. Hamukwaya, wat ook ‘n afrigter is, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê, hoe vinniger atlete aan ‘n oefenkamp deelneem, hoe beter, en hoe meer medaljes kan huis toe gebring word.