Onenigheid in Zulu-koningshuis ontstel

Die AmaZulu Koningin Sibongile Dlamini, die eerste vrou van die ontslape AmaZulu koning Goodwill Zwelithini Zulu, en haar twee dogters, het ‘n interdik aangevra oor die proses om ‘n nuwe koning aan te wys. Prinses Ntandoyenkosi en Prinses Ntombizosuthu voer aan dat die testament in die besit van die koninklike familie se prokureur, Jerome Ngwenya, dalk vals kan wees. Dit volg na die afsterwe verlede Donderdagnag van Koningin Mantfombi Dlamini-Zulu. Die AmaZulu Eerste Minister, Mangosuthu Buthelezi, sê die onenigheid in die koningshuis is baie hartseer: