Colosseum kry nuwe vloer

Die antieke Colosseum in Rome gaan ‘n nuwe hoëtegnologie-vloer kry wat aan besoekers ‘n kykie sal gee na hoe dit gelyk het toe Romeinse swaardvegters tot die dood daar geveg het. ‘n Ingenieursfirma van Italië, Milan Ingegneria, het die tender ontvang om die nuwe vloer te ontwerp wat na verwagting teen 2023 voltooi sal wees. Die land se Minister van Kultuursake, Dario Franceschini, sê die vloer is net nóg ‘n stap in die opknapping van die arena – ‘n ambisieuse projek wat die argeologiese strukture sal bewaar, terwyl besoekers sal kan sien hoe die Colosseum oorspronklik gelyk het.