Mensregterkommissie in Australië soek antwoorde

Australië se menseregtekommissie sê hy is bekommerd oor die reisverbod op burgers van dié land wat van Indië wil terugkeer huis toe, asook die straf vir oortredings van die land se biosekuriteitswet. Indië gaan tans gebuk onder ‘n hewige tweede vlaag van Covid-19. Australië se Eerste Minister, Scott Morrison, het burgers se kanse om tronkstraf te ontvang egter afgemaak en gesê die streng biosekuriteitswetgewing sal verantwoordelik toegepas word. Die Menseregtekommissaris, Edward Santow, sê hulle eis ‘n verduideliking vir die behoefte aan dié soort beperkings: