TransNamib moet dubbel soveel lokomotiewe aanskaf

TransNamib sal sy huidige lokomotief kapasiteit moet verdubbel as hy teen 2023 sy teiken van die vervoer van 3,1 miljoen ton wil bereik. Die maatskappy se Hoof Uitvoerende Beampte Johny Smith sê 86 lokomotiewe is nodig om die doelwit, wat in sy strategiese plan uiteengesit is, te bereik. Daar is tans 43 enjins. Volgens Smith is een vrag wat deur TransNamib vervoer word gelyk aan 30 vragmotors en kapasiteit word verder uitgebrei wanneer sogenaamde blok-treine benut word met twee lokomotiewe en 20 waens.