Verklaar Oos-Kaap a rampgebied!

Die DA in die Oos-Kaap sê die uitmergelende droogte in die provinsie is een van die grootste bedreigings vir die inwoners en die regering moet gekoördineerde stappe doen om dit te hanteer. ‘n Lid van die Oos-Kaapse wetgewer, Retief Odendaal, sê die provinsiale regering moet onmiddellik optree as hy die Oos-Kaap van ‘n ramp wil red. Odendaal sê boere in dorpe soos Willowmore, Steytlerville en Aberdeen is op hul knieë gedwing deur die droogte: