Eskom en sy ‘kontrakte’ van N$178 miljard

Die Spesiale Ondersoekeenheid in Suid-Afrika en die regsfirma Bowmans het tydens ondersoeke verdagte kontrakte van 178 miljard Namibiese doller rakende Eskom uitgewys. Media berig dat baie van die kontrakte verbind word met die oprigting van die Kusile-kragstasie in Mpumalanga. Die eenheid sê die 53 sake is na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys. Dit sluit ses Eskom-kontrakte in asook kontrakte met 11 huidige en vorige werknemers van die kragvoorsiener en nege met subkontrakteurs.