Teek kry nie skadevergoeding nie

Die voormalige Hoërhof-regter Pio Teek het misluk in sy poging om vergoeding te eis vir wat hy beweer was kwaadwillige vervolging en laster. Teek is 11 jaar terug vrygespreek op klagte van die ontvoering en verkragting van 2 minderjarige meisies. Hy het appelleer teen ‘n vorige beslissing deur Regter Herman Oosthuizen in die Hoërhof in 2018 en net meer as 6,8 miljoen doller in skadevergoeding geëis.