SA politieke partye versoek dat plaaslike regeringsverkiesing nie uitgestel word

Suid-Afrikaanse Politieke partye doen ‘n beroep op die Konstitusionele Hof om die Onafhanklike Verkiesingskommissie se aansoek om Oktober se plaaslike regeringsverkiesing uit te stel, van die hand te wys. Die DA en One South Africa Movement sê die verkiesing moet volgens plan in Oktober plaasvind. Die DA se regsverteenwoordiger, advokaat Max du Plessis, sê die […]

Read More

Nampol verduidelik hoe onopgeloste sake hanteer word

Kosmos 94.1 Nuus het aan die Namibiese polisie gevra wat met onopgeloste sake gebeur. Voorbeelde van onopgeloste sake is Marius Mostert wat op 24 Junie 2015 op die Kupferbergpad vermoor is, Cheryl Avihe Ujaha wie se verminkte liggaam op 29 Augustus 2018 gevind is en Magdalena Stoffels wat op 27 Julie 2010 vermoor is. Hul […]

Read More

Meer inligting oor ongeluk tussen trein en vragmotor op Usakos bekend

Sean Naude van die Namibia Marshall Rangers het meer inligting oor die ongeluk tussen ‘n vragmotor en ‘n trein op Usakos verskaf. Hy sê ‘n vragmotor was besig om bult op te gaan, die remme het vermoedelik gefaal, die vragmotor het teruggerol en met die trein gebots. Die skakelbeampte van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het die […]

Read More

Chinese paartjies mag nou drie kinders hê

Die Nasionale Volkskongres in China het die mandaat ingestel wat paartjies in die land toelaat om tot drie kinders te hê. Die land het in Mei gesê sy beleid hieroor sal hersien word in ‘n poging om die geboortesyfer te verhoog. Die een-kind-beleid is in 2016 vervang met dié van twee kinders, maar het nie […]

Read More

Nege Covid-sterftes in sewe distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het nege Covid-sterftes in sewe distrikte aangekondig, asook 160 nuwe gevalle uit 1 874 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 8,5 persent verteenwoordig. In die groep is 38 leerders, vier elk onderwysers en gesondheidswerkers en twee studente. Daar is nou 2 707 aktiewe gevalle, waarvan 225 mense in hospitale en 45 in […]

Read More

Die hooggeregshof in KwaZulu-Natal het die bedrog- en korrupsiesaak rondom die Wêreldbeker-sokkertoernooi uitgestel.

Die hooggeregshof in KwaZulu-Natal het die bedrog- en korrupsiesaak rondom die Wêreldbeker-sokkertoernooi uitgestel. Die saak hou verband met bewerings van bedrog van 47-miljoen-rand teen die gewese provinsiale polisiekommissaris, Mmamonnye Ngobeni, ‘n polisie-kolonel, Navin Madhoe, die voormalige polisie-kaptein Aswin Narainpershad, en ‘n Durbanse sakepersoon, Toshan Panday. ‘n Woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat, Sindisiwe Seboka, sê die saak […]

Read More

SA politieke partye gekant teen nuwe speaker van NV

Verskeie politieke partye in Suid-Afrika het nie gister die voormalige minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se inhuldiging as nuwe speaker van die Nasionale Vergadering gesteun nie. ActionSA sê President Cyril Ramaphosa se bevordering van haar tot speaker van die dien as ‘n beloning vir onbevoegdheid. Die party het in ‘n verklaring gereageer […]

Read More

Ongeluk tussen trein en vragmotor op Usakos

‘n Ongeluk het tussen ‘n vragmotor en trein op Usakos plaasgevind. Volgens berigte op die toneel het ‘n vragmotor in ‘n trein vasgery. Nooddienste is op die toneel. Die skakelbeampte van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het die ongeluk bevestig, maar kan nie veel inligting verskaf voor personeel op die toneel is nie. Sy sê TransNamib se […]

Read More

SA: Meer as 10 000 mense tussen April en Junie vanjaar verkrag

Meer as 10 000 mense is tussen April en Junie vanjaar in Suid-Afrika verkrag. Dit is ‘n toename van 4 201 gevalle of 72,4 persent teenoor die skewe vorige verslagtydperk verlede jaar toe die land onder streng inperking was. Uit ‘n steekproef van 5 439 verkragtingsake is onthul dat 3 766 by die slagoffer of die oortreder […]

Read More

Outa gekant teen nog kernkragsentrales

Die organisasie teen belastingmisbruik in Suid-Afrika, Outa, sê hy is uiters bekommerd omdat die Nasionale Energiereguleerder se elektrisiteit-subkomitee voorwaardelik goedkeuring verleen het aan die regering se voorstel dat Suid-Afrika nog kernkragsentrales moet bou. Outa glo nie die land kan dit bekostig nie. Die organisasie se parlementêre en energie-raadgewer, Liz McDaid, sê die besluit beklemtoon die […]

Read More