Nege Covid-sterftes in sewe distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het nege Covid-sterftes in sewe distrikte aangekondig, asook 160 nuwe gevalle uit 1 874 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 8,5 persent verteenwoordig. In die groep is 38 leerders, vier elk onderwysers en gesondheidswerkers en twee studente. Daar is nou 2 707 aktiewe gevalle, waarvan 225 mense in hospitale en 45 in intensiewesorgeenhede.