SA: Meer as 10 000 mense tussen April en Junie vanjaar verkrag

Meer as 10 000 mense is tussen April en Junie vanjaar in Suid-Afrika verkrag. Dit is ‘n toename van 4 201 gevalle of 72,4 persent teenoor die skewe vorige verslagtydperk verlede jaar toe die land onder streng inperking was. Uit ‘n steekproef van 5 439 verkragtingsake is onthul dat 3 766 by die slagoffer of die oortreder se huis plaasgevind het. Die Inanda-polisiekantoor in Kwa-Zulu Natal, Delft in die Wes-Kaap en die Lusikisiki-polisiekantore in die Oos-Kaap het die hoogste verkragtingsyfers aangeteken.