Nampol verduidelik hoe onopgeloste sake hanteer word

Kosmos 94.1 Nuus het aan die Namibiese polisie gevra wat met onopgeloste sake gebeur. Voorbeelde van onopgeloste sake is Marius Mostert wat op 24 Junie 2015 op die Kupferbergpad vermoor is, Cheryl Avihe Ujaha wie se verminkte liggaam op 29 Augustus 2018 gevind is en Magdalena Stoffels wat op 27 Julie 2010 vermoor is. Hul moordenaars is nooit gevind nie. In ‘n meer onlangse geval het die vierjarige Spencer Nakale op 28 Desember op Lüderitz verdwyn het. Die nasionale woordvoerder van Nampol, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dat sake heropen kan word as nuwe inligting en bewyse vorendag kom.