Meer inligting oor ongeluk tussen trein en vragmotor op Usakos bekend

Sean Naude van die Namibia Marshall Rangers het meer inligting oor die ongeluk tussen ‘n vragmotor en ‘n trein op Usakos verskaf. Hy sê ‘n vragmotor was besig om bult op te gaan, die remme het vermoedelik gefaal, die vragmotor het teruggerol en met die trein gebots. Die skakelbeampte van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het die voorval bevestig en gesê personeel is vanaf Walvisbaai na Usakos onderweg. Volgens Naude is niemand ernstig beseer nie en die nooddienste is op die toneel. Naude gesels met Kosmos 94,1 Nuus.