Outa gekant teen nog kernkragsentrales

Die organisasie teen belastingmisbruik in Suid-Afrika, Outa, sê hy is uiters bekommerd omdat die Nasionale Energiereguleerder se elektrisiteit-subkomitee voorwaardelik goedkeuring verleen het aan die regering se voorstel dat Suid-Afrika nog kernkragsentrales moet bou. Outa glo nie die land kan dit bekostig nie. Die organisasie se parlementêre en energie-raadgewer, Liz McDaid, sê die besluit beklemtoon die probleme wat met ‘n verouderde energiebeleid verband hou.