Die hooggeregshof in KwaZulu-Natal het die bedrog- en korrupsiesaak rondom die Wêreldbeker-sokkertoernooi uitgestel.

Die hooggeregshof in KwaZulu-Natal het die bedrog- en korrupsiesaak rondom die Wêreldbeker-sokkertoernooi uitgestel. Die saak hou verband met bewerings van bedrog van 47-miljoen-rand teen die gewese provinsiale polisiekommissaris, Mmamonnye Ngobeni, ‘n polisie-kolonel, Navin Madhoe, die voormalige polisie-kaptein Aswin Narainpershad, en ‘n Durbanse sakepersoon, Toshan Panday. ‘n Woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat, Sindisiwe Seboka, sê die saak sal in November aangehoor word.