Ongeluk tussen trein en vragmotor op Usakos

‘n Ongeluk het tussen ‘n vragmotor en trein op Usakos plaasgevind. Volgens berigte op die toneel het ‘n vragmotor in ‘n trein vasgery. Nooddienste is op die toneel. Die skakelbeampte van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het die ongeluk bevestig, maar kan nie veel inligting verskaf voor personeel op die toneel is nie. Sy sê TransNamib se personeel ry tans vanaf Walvisbaai na Usakos.