SA politieke partye versoek dat plaaslike regeringsverkiesing nie uitgestel word

Suid-Afrikaanse Politieke partye doen ‘n beroep op die Konstitusionele Hof om die Onafhanklike Verkiesingskommissie se aansoek om Oktober se plaaslike regeringsverkiesing uit te stel, van die hand te wys. Die DA en One South Africa Movement sê die verkiesing moet volgens plan in Oktober plaasvind. Die DA se regsverteenwoordiger, advokaat Max du Plessis, sê die OVK kan maklike stappe instel.