Chinese paartjies mag nou drie kinders hê

Die Nasionale Volkskongres in China het die mandaat ingestel wat paartjies in die land toelaat om tot drie kinders te hê. Die land het in Mei gesê sy beleid hieroor sal hersien word in ‘n poging om die geboortesyfer te verhoog. Die een-kind-beleid is in 2016 vervang met dié van twee kinders, maar het nie daarin geslaag om die geboortesyfer doeltreffend te laat styg nie. Die Chinese nuusagentskap Xinhua berig verskeie besluite is ook aangekondig wat daarop gemik is om die las van kind grootmaak te verminder.