China voltooi treinbrug by Rusland vir aaneenlopende treinrit na Londen

China het nog ‘n stap afgehandel in sy poging tot ‘n aaneenlopende treinrit na Londen in die Verenigde Koninkryk toe die eerste treinbrug na Rusland voltooi is. Die brug verbind Tongjiang in die noordooste van China met Nizhneleninskoye op die oewer van die Amurrivier in Rusland. Dit beteken ook China se noordoostelike spoornetwerk kan nou […]

Read More

Zuma se militêre dokters vra uitstel vir mediese verslag

Oudpresident Jacob Zuma se militêre dokters wou nog ‘n week hê om ‘n mediese verslag by die hooggeregshof in Pietermaritzburg in te dien. Hulle het nie voldoen aan die spertyd van Vrydag nie en wil dit nou hierdie Vrydag indien. Zuma is twee weke gelede in die hospitaal opgeneem waar hy ‘n operasie ondergaan het. […]

Read More

Senior lektor van Unam dien op uitvoerende komitee van Global Young Academy

Dr. Michael Backes, senior lektor in die departement van fisika en chemie van die Universiteit van Namibië is deur die Global Young Academy as een van die 11 lede gekies om in die uitvoerende komitee te dien. Prof. Mareli Claassens, navorsingsprofessor in die departement van menslike, biologiese en mediese wetenskappe is ook saam met 30 […]

Read More

Gauteng op gereedheidsgrondslag oor veiligheid en sekuriteit

Gauteng se premier David Makhura het die provinsie se inwoners aangemoedig om enige verdagte aktiwiteite by die polisie aan te meld ná berigte dat die land vandag tot stilstand gebring gaan word. Gauteng se regeringswoordvoerder, Vuyo Mhaga, sê Makhura het die mense van Gauteng verseker wetstoepassingsagentskappe is op hoë gereedheidsgrondslag om die publiek se veiligheid […]

Read More

Kritiek oor Taiwan se eerste plaaslik vervaardigde Covid-entstof

President Tsai Ing-wen van Taiwan het vandag die land se eerste plaaslik vervaardigde Covid-inenting, Medigen, ontvang. Daar word egter kritiek gelewer omdat die ministerie van gesondheid die entstof vir noodgebruik goedgekeur het voordat kliniese proewe voltooi is. Taiwan se grootste opposisieparty sê die entstof is onveilig en het ‘n hof genader om die noodgebruik daarvan […]

Read More

Slegs drie Covid-sterftes in twee distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het drie Covid-sterftes in twee distrikte aangekondig, asook 280 nuwe gevalle uit 2 191 toetsresultate wat ‘n positiewe koers van 13 persent verteenwoordig. In die groep is 117 leerders, 12 onderwysers, en vyf elk studente en gesondheidswerkers. Daar is nou 2 391 aktiewe gevalle, waarvan 204 gehospitaliseerd en 39 in intensiewesorgeenhede is.

Read More

DA: Meeste moorde in SA vind in KwaZulu-Natal plaas

Die Demokratiese Alliansie in KwaZulu-Natal sê die provinsie se jongste kwartaallikse misdaadstatistiek vir die tydperk van April tot 30 Junie is bewys van die voortslepende bedreiging van inwoners se veiligheid. Die syfers wat deur die minister van polisie, Bheki Cele, bekend gemaak is, toon dat die meeste moorde in die land in KwaZulu-Natal plaasvind waar […]

Read More

Bordspeletjie ontwikkel vir voorkoming van Covid-19

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het ‘n bordspeletjie ontwikkel wat op slangetjies en leertjies gebaseer is en kinders speel-speel die basiese metodes aanleer om die koronavirus se voorkoming en verspreiding te hanteer. Burgemeester Elna von Schlicht sê die spel sluit gedragsreëls in oor die protokolle. As jy byvoorbeeld jou masker reg dra, kan jy vorder. Sy verduidelik […]

Read More

Namibia Wildlife Resorts: 130 personeel bedank vrywillig

Namibia Wildlife Resorts het verskeie kostebesnoeiingsmaatreëls oor die afgelope jaar en ‘n half tydens die Covid-pandemie ingestel. Een van die maatreëls is personeellede wat die geleentheid gekry het om vrywillig te bedank. Uit die totale personeelkorps van 844 in die 20-19-2020 finansiële jaar het 130 personeellede vrywillig teen 31 Desember 2020 bedank. Namibia Wildlife Resorts […]

Read More

Taliban gaan nie sperdatum vir ontruimings verleng nie

Die Taliban is vasberade dat hulle nie die sperdatum van 31 Augustus vir die huidige ontruimings uit Afghanistan sal verleng nie, berig internasionale media. Volgens ‘n woordvoerder van die organisasie, Suhail Shaheen, is die streep getrek vir die einde van die maand, aangesien die Amerikaanse president, Joe Biden, gesê het soldate sal teen daardie datum […]

Read More