Senior lektor van Unam dien op uitvoerende komitee van Global Young Academy

Dr. Michael Backes, senior lektor in die departement van fisika en chemie van die Universiteit van Namibië is deur die Global Young Academy as een van die 11 lede gekies om in die uitvoerende komitee te dien. Prof. Mareli Claassens, navorsingsprofessor in die departement van menslike, biologiese en mediese wetenskappe is ook saam met 30 ander navorsers en studente ‘n nuwe lid van die akademie. Lede sal vir ‘n termyn van vyf jaar dien. Dr. Backes het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is vir hom ‘n eer om tot die uitvoerende komitee verkies te word.