Namibia Wildlife Resorts: 130 personeel bedank vrywillig

Namibia Wildlife Resorts het verskeie kostebesnoeiingsmaatreëls oor die afgelope jaar en ‘n half tydens die Covid-pandemie ingestel. Een van die maatreëls is personeellede wat die geleentheid gekry het om vrywillig te bedank. Uit die totale personeelkorps van 844 in die 20-19-2020 finansiële jaar het 130 personeellede vrywillig teen 31 Desember 2020 bedank. Namibia Wildlife Resorts se woordvoerder, Mufaro Nesongano, het aan 94.1 Nuus gesê die proses het tot dusver goed verloop, niemand is afgelê nie en kamerbesetting by oorde was by tye bogemiddeld.