Zuma se militêre dokters vra uitstel vir mediese verslag

Oudpresident Jacob Zuma se militêre dokters wou nog ‘n week hê om ‘n mediese verslag by die hooggeregshof in Pietermaritzburg in te dien. Hulle het nie voldoen aan die spertyd van Vrydag nie en wil dit nou hierdie Vrydag indien. Zuma is twee weke gelede in die hospitaal opgeneem waar hy ‘n operasie ondergaan het. Hy dien tans 15-maande tronkstraf uit vir minagting van die hof nadat hy geweier het om voor die staatskapingskommissie te getuig. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy aanvaar nie die redes vir die laat indiening van die mediese verslag nie.