Kritiek oor Taiwan se eerste plaaslik vervaardigde Covid-entstof

President Tsai Ing-wen van Taiwan het vandag die land se eerste plaaslik vervaardigde Covid-inenting, Medigen, ontvang. Daar word egter kritiek gelewer omdat die ministerie van gesondheid die entstof vir noodgebruik goedgekeur het voordat kliniese proewe voltooi is. Taiwan se grootste opposisieparty sê die entstof is onveilig en het ‘n hof genader om die noodgebruik daarvan te staak. Volgens die entstof se ontwikkelaars is daar geen groot kommer oor veiligheid nie en hulle verwag die laaste proewe sal later vanjaar in Paraguay afgehandel word.