Gauteng op gereedheidsgrondslag oor veiligheid en sekuriteit

Gauteng se premier David Makhura het die provinsie se inwoners aangemoedig om enige verdagte aktiwiteite by die polisie aan te meld ná berigte dat die land vandag tot stilstand gebring gaan word. Gauteng se regeringswoordvoerder, Vuyo Mhaga, sê Makhura het die mense van Gauteng verseker wetstoepassingsagentskappe is op hoë gereedheidsgrondslag om die publiek se veiligheid en sekuriteit te verseker.