China voltooi treinbrug by Rusland vir aaneenlopende treinrit na Londen

China het nog ‘n stap afgehandel in sy poging tot ‘n aaneenlopende treinrit na Londen in die Verenigde Koninkryk toe die eerste treinbrug na Rusland voltooi is. Die brug verbind Tongjiang in die noordooste van China met Nizhneleninskoye op die oewer van die Amurrivier in Rusland. Dit beteken ook China se noordoostelike spoornetwerk kan nou met die Siberiese spoornetwerk in Rusland verbind word. Die brug is 2 215 meter lank en die grootste gedeelte, 1 886 meter, is aan China se kant.