Slegs drie Covid-sterftes in twee distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het drie Covid-sterftes in twee distrikte aangekondig, asook 280 nuwe gevalle uit 2 191 toetsresultate wat ‘n positiewe koers van 13 persent verteenwoordig. In die groep is 117 leerders, 12 onderwysers, en vyf elk studente en gesondheidswerkers. Daar is nou 2 391 aktiewe gevalle, waarvan 204 gehospitaliseerd en 39 in intensiewesorgeenhede is.