Bordspeletjie ontwikkel vir voorkoming van Covid-19

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het ‘n bordspeletjie ontwikkel wat op slangetjies en leertjies gebaseer is en kinders speel-speel die basiese metodes aanleer om die koronavirus se voorkoming en verspreiding te hanteer. Burgemeester Elna von Schlicht sê die spel sluit gedragsreëls in oor die protokolle. As jy byvoorbeeld jou masker reg dra, kan jy vorder. Sy verduidelik die speletjie moedig ook geletterdheid, tel en spandeelname aan.