Taliban gaan nie sperdatum vir ontruimings verleng nie

Die Taliban is vasberade dat hulle nie die sperdatum van 31 Augustus vir die huidige ontruimings uit Afghanistan sal verleng nie, berig internasionale media. Volgens ‘n woordvoerder van die organisasie, Suhail Shaheen, is die streep getrek vir die einde van die maand, aangesien die Amerikaanse president, Joe Biden, gesê het soldate sal teen daardie datum ontruim wees, en die uitstel daarvan beteken die uitstel van Afghanistan se besetting. Shaheen het gewaarsku oor gevolge indien dit sou verander.