Kavango: geen hidrobreking sal benut word nie

Hidrobreking, wat die grootste kommer vir omgewing bewustes is, sal nie in die Kavango gebied toegepas word nie. Die Kanadese maatskappy ReconAfrica wat op die oomblik eksplorasie daar uitvoer, sê die uitslae van die eerste opnames toon dat die bronne nie deur hidrobreking ontgin sal word nie. Intussen het die maatskappy se Hoof Uitvoerende Beampte Scott Evans aan die NBC gesê dat hulle baie versigtig te werk gaan.