Inbraak by Zondo-kommissie word ondersoek

Die Zondo-kommissie in Suid-Afrika sê die inbraak die afgelope naweek by sy kantore in Parktown , Johannesburg sal hom nie van stryk bring nie. Die Suid-Afrikaanse polisie is besig met ‘n ondersoek nadat daar by die kantore ingebreek en rekenaars gesteel is. Amptenare van die kommissie probeer nou vasstel of enige dokumente ook gesteel is. Professor Itumeleng Mosala van die kommissie.