Lühl-uitspraak vandag verwag

Uitspraak word vandag gelewer in die dringende aansoek deur Phillip Lühl om die Minister van Binnelandse Sake Frans Kapofi te dwing om sy tweeling dogters wat deur ‘n surrogaat in Suid-Afrika gebore is met noodreisdokumente te verskaf. Die kinders is sedert hulle geboorte steeds in Suid-Afrika. Die saak het groot reaksie uitgelok met verskeie protesoptredes wat ter ondersteuning van die Lühl-Delgado gehou is. Regter Thomas Masuku sal na verwgating sy beslissling om 10-uur bekend maak.