Parys-ooreenkoms moet nagekom word, China en VSA werk saam

Amerika en China het hulle verbind tot die stryd teen klimaatsverandering. Die Amerikaanse spesiale gesant vir klimaatsverandering John Kerry het dit bekendgemaak na ‘n besoek aan die land. Volgens hom is dit belangrik dat die Parys Ooreenkoms oor klimaatsverandering nougeset nagekom moet word en dat die Glasgow konferensie later vanjaar deur soveel lande moontlik bygewoon moet word.