Olifante trap vermeende stroper dood

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê ‘n vermeende stroper is in die Krugerwildtuin dood en van sy medepligtiges is gearresteer. Die oorledene en sy makkers het van veldwagters weggevlug maar tussen ‘n trop olifante beland. Veldwagters was op ‘n roetine-patrollie in die Phabeni-omgewing toe hulle spore gevind en die verdagtes agtervolg het. Die Woordvoerder van SANParke, Isaac Phaahla, sê die veldwagters het op drie persone afgekom wat probeer weghardloop het: