Olifante het ook gunsteling natmaakgat…

Nuwe navorsing toon dat die verspreiding van olifante, veral in die Krugerwildtuin, deur ‘n aantal faktore rakende die landskap beïnvloed word, insluitend die soort waterbronne. Die navorsing verwys na die wyse waarop sekere waterbronne vir sekere olifante aantrekliker is. Dit toon ook hoe die digtheid van bome, die geologie van die gebied en boomspesies die verspreiding van olifante beïnvloed. Die navorser, Judith Botha, sê alleenloperbulle, asook troppe, verkies gebiede wat ryk is aan voedingswaarde en waar die plantegroei smaakliker is: